Skip to content

Drama & Toneel

Die Affie-Dramaklub bied geleenthede vir deelname aan opwindende drama-aande, uitdagende eisteddfods en gee elke kreatiewe siel ook die die kans om agter die verhoog te werk. 

Die jaarlikse Tienertoneel-produksie bied talle geleenthede om op te tree. Ons neem onderskeidelik deel aan die FAK/Allegretto-Toneelfees, die Aardklop Pronk Podium-Toneelfees asook die ATKV-Tienertoneelkompetisie.

Sou jy dit dalk verkies om te fokus op jou ‘solo-loopbaan’, of as jy jou eie opvoervaardighede wil toets, bied ons aan jou Affies se eie interne Affie Artes-kunstefees waar die individu die geleentheid kry om op te tree in verskeie drama-afdelings: poësie (gedramatiseerd of nie); prosa (gedramatiseerd of nie); monoloog, samespraak, mimiek, karakteruitbeelding en nog meer. Dogters kan ook individueel deur die skool inskryf vir verskeie eisteddfods waarvoor die skool geafillieer het.

Bekende aktrises om net ‘n paar te noem soos Sandra Prinsloo, Brümilda vanRensburg en Lizz Meiring kom uit AHMP- geledere!

Kontakpersoon: Mev Hermien Greyling hermien.greyling@ahmp.co.za

Kultuurnuus

Pienkweek

Pienkweek

Van 13 – 17 Oktober vier Afrikaanse Hoër Meisieskool ons jaarlikse Pienkweek – ’n week van hoop, bewustheid en omgee.…
Spanredenaars

Spanredenaars

Die ATKV Digi-spanredenaars van graad 11 — Heide Potgieter, Lisa Ferreira, Megan Naudé en Nicole White — is as nasionale…
AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.