Drama & Toneel
Die Affie-Dramaklub bied geleenthede vir deelname aan opwindende drama-aande, uitdagende eisteddfods en gee elke kreatiewe siel ook die die kans om agter die verhoog te werk.
Tienertoneel
Die jaarlikse Tienertoneel-produksie bied talle geleenthede om op te tree. Ons neem onderskeidelik deel aan die FAK/Allegretto-Toneelfees, die Aardklop Pronk Podium-Toneelfees asook die ATKV-Tienertoneelkompetisie.
Sou jy dit dalk verkies om te fokus op jou ‘solo-loopbaan’, of as jy jou eie opvoervaardighede wil toets, bied ons aan jou Affies se eie interne Affie Artes-kunstefees waar die individu die geleentheid kry om op te tree in verskeie drama-afdelings: poësie (gedramatiseerd of nie); prosa (gedramatiseerd of nie); monoloog, samespraak, mimiek, karakteruitbeelding en nog meer. Dogters kan ook individueel deur die skool inskryf vir verskeie eisteddfods waarvoor die skool geafillieer het.
In 2025 by die by die FAK-/Allegretto Toneelfees word goue sertifikate (vir tegniese versorging, kostuums, klankoperateur en beligtingsoperateur) en silwersertifikate (vir die produksie oor die algemeen, verhoogbestuur, verhooghulp, projektoroperateur, klankontwerp, beligtingontwerp en grimering) aan Affies toegeken.
Bekende aktrises om net ‘n paar te noem soos Katinka Heyns, Sandra Prinsloo, Brümilda vanRensburg en Lizz Meiring kom uit AHMP- geledere!
Ons sien haar in die kollig!
Kontakpersoon: Mev Hermien Greyling hermien.greyling@ahmp.co.za





