Kultuur
Affies bied op kultuurgebied ‘n ryk verskeidenheid aktiwiteite aan wat dogters vele geleenthede gee om hul talente ten toon te stel. Ons naam word hoog gehou deur volgehoue prestasies in die verskillende kultuurgenres, maar die grootste trekpleister vir kultuurdeelname by Affies is verseker die plesier en vreugde wat uit deelname geput word.
Vinnige kultuurfeite
- Oor die 800 meisies neem deel aan een of ander kultuuraktiwiteit.
- Die skoolsaal het ‘n pyporrel met die naam “Phanthom Lady”.
- Die Affie Artes is ‘n gesamentlike kunstefees van die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Seunskool. Leerders kan in groepe of individueel deelneem.
- Leerders wat in joernalistiek en fotografie belangstel, kry die geleentheid om in te skakel by die skool se koerant, die Stroom-op.
- Affies vorm al sedert 1989 deel van die gewilde Vierskole-konsert waar die kore en orkeste van die Afrikaanse Hoër Meisieskool, die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria High School for Girls en Pretoria Boys High School saam optree.
- Affies is bekend vir hul openbare redevoering wat die volgende insluit: die ATKV se debat- en redenaarkompetisies, Van Huyssteens en Oppie Tong Af.
- Affies het ʼn musiekhuis wat een van ses staatshuise is wat in 1926 gebou is.
- AHMP se senior koor en orkes word beskou as onder die beste skoolkore en -orkeste in die land en verower gereeld pryse vir hul prestasie.
- AHMP woeker jaarliks op die planke met die ATKV-Tienertoneel en het ook ‘n dramaklub.
- Affie-skrywers publiseer gereeld in Poort en die English Alive Magazine.
- Die Anker, of CSV, is Affies se Godsdienstige Studentevereniging wat leerders geestelik verryk en geleentheid bied om by uitreikaksies betrokke te raak.
Kultuurnuus
AHMP-redenaars kraai koninginne by Van Huysteens Orators-kompetisie
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het tydens vanjaar se Van Huysteens Orators-redenaarskompetisie haar plek as toonaangewende redenaarskool bevestig. Met ’n indrukwekkende…
Musiek, vriendskap en harmonie!
AHMP se kenmekaar vir skool-orkeste was ’n feestelike belewenis. Ongeveer 220 leerders van vyf skole het saam musiek gemaak en…
Simfonia Juventi
Baie geluk aan nege talentvolle Affies wat vir die 2025-provinsiale orkes, Simfonia Juventi, gekies is! Dit is ’n besonderse eer om…









