Skryf & Olimpiades
By Afrikaanse Hoër Meisieskool doop ons graag ons penne in Blou-Affie-ink!
Afrikaans-Olimpiade en Skryfkompetisies
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool neem jaarliks deel aan die Afrikaanse-olimpiade, die FAK se nasionale Afrikaanse skole-ekspo, die ATKV se Poort-skryfkompetisie en ander skryfkompetisies. Ons leerders is gereeld onder die landwye toppresteerders!
Afrikaans-Olimpiade
Ongeveer 50 leerders van AHMP (± 30 seniors en ± 20 juniors) neem elke jaar aan die Afrikaans-olimpiade deel. Die skool het in die afgelope 10 jaar drie nasionale wenners opgelewer en baie ander toppresteerders. Persentasiegewys het ons leerders die meeste plekke op die nasionale toppresteerders-lys verower.
Poort-Skryfkompetisie 2024
In 2024 het Aletta Smit (graad 11) die nasionale wenner in die Poort-kompetisie vir Prosa behaal, met ‘n prysgeld van R10 000. Ander toppresteerders sluit in:
- 1ste plek: Aletta Smit vir Racheltjie de Beer
- 4de plek: Marianne Roos vir Sentrale depressie
- 5de plek: Suzanne Badenhorst vir Die Slagveld
Opgeneemde Werk in Poort 2024
- Poësie: Amy Cross (graad 11) vir Ek droom
- Prosa: Aletta Smit (graad 11) vir Racheltjie de Beer, Marianne Roos (graad 12) vir Sentrale depressie, Suzanne Badenhorst (graad 11) vir Die Slagveld
Kontakpersone:
- Afrikaans: Mev. Heslia van Eck (heslia.vaneck@ahmp.co.za)
- Engels: Mev. Sanette Petracopoulos (sanette.petracopoulos@ahmp.co.za)
Eeufees
Eenhonderd jaar van jou,
105 jaar van blou.
Ons bymekaar gebring
in daai huis in Visagiestraat,
105 jaar gelede
nou stel jy ons tot alles in staat.
My moedertaal,
my hart se begeer.
Ons harte aan jóú mooi woorde bekeer.
Dan sien ek myself weer
saggies in jou arms toegevou.
Afrikaans het plek vir my hart,
soos my siel ontvou
in nog ‘n gedig
jy is meer as ‘n taal,
jy het plek vir ons gedagtes
sonder jou, die land, asvaal.
Met 45 begin, nou drieduisend later
steeds in die gebou van rooi steen;
nooit sielsalleen
want ons, ons is een.
Sonder jou was ons niks,
geen lig in die donker
geen dogter wat wen.
Sonder jou hoe sou ons onsself kon ken?
Sonder ons was jy niks
toe maak jy ons alles.
Op nog 100 jaar.
Op nog 105 van mekaar
want vir jou sal ons, onsself terughou,
Afrikaans is blou
Afrikaans, ons vir jou.
Madison Botha (Graad 11)
