Opedag & Aansoeke
AHMP se volgende opedag vind plaas op Woensdag 17 April 2024, ons begin vanaf 14:00.
Aansoeke
Alle voornemende Affies moet die departement van onderwys se amptelike aansoekproses gebruik om aansoek te doen vir toelating tot AHMP by gdeadmissions.gov.za Die datum waarop aansoeke vir 2024 open is nog nie bekend gemaak nie. Ons stel voor dat ouers reeds op die eerste dag van die inskrywings proses die bogenoemde skakel gebruik om aansoek te doen by die skool van u keuse.
Indien u enige navrae het oor inskrywings vir 2024, is u welkom om ‘n epos te stuur na ahmp@ahmp.co.za en versoek ons verder dat u asseblief by die volgende skakel sal registreer info.ahmp.co.za om sodoende op ‘n databasis te verskyn om deurlopende inligting rondom die aansoekproses te kan ontvang.










Kom stap saam!
Dalk woon jy ver en is dit nie vir jou moontlik om die ope dag by ons skool by te woon nie. Moenie bekommerd wees nie – kom stap saam met ons deur die skool op ʼn virtuele toer wat jou sal laat voel asof jy in lewende lywe hier in ons rooibaksteengeboue kuier.














