Aansoeke
Graad 8 Aansoeke vir 2027
Die datum vir die aanlyn aansoekproses vir graad 8-leerders (2027) is nog nie deur Gauteng Departement van Onderwys aangekondig nie.
Ouers en voogde word vriendelik versoek om die amptelike webtuiste van Gauteng Departement van Onderwys gereeld dop te hou vir inligting rakende die aansoekproses en plasings vir 2027.
Sodra die Departement die datums en prosedures bekend maak, sal ons dit op hierdie blad plaas.

Opedag
Opedag 2026
Ons Opedag het reeds plaasgevind op Woensdag die 15 April 2026.
Let asseblief daarop dat die Opedag die enigste geleentheid is om die skool te kom besigtig, aangesien individuele toere nie aangebied word nie.
Ons sien daarna uit om u en u dogter te verwelkom in 2027 en om met trots ten toon te stel wat Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria alles bied!
Kom stap saam!
Dalk woon jy ver en is dit nie vir jou moontlik om die ope dag by ons skool by te woon nie. Moenie bekommerd wees nie – kom stap saam met ons deur die skool op ʼn virtuele toer wat jou sal laat voel asof jy in lewende lywe hier in ons rooibaksteengeboue kuier.

















