Stroom-op (skoolkoerant)
Die skoolkoerant, Stroom-op, bied aan Affies die ideale kans om hul skryf- en fotografievaardighede te ontwikkel, terwyl hulle ook hul betrokkenheid in die skoolgemeenskap bevorder. Enige leerder wat ’n passie vir skryf of fotografie het, is welkom om by die redaksie aan te sluit. Die koerant, wat saam met AHS uitgegee word, verskyn elke kwartaal en bied ’n venster op alles wat die skool aan die gang het.
Onder die kundige leiding van mev. Amorentia Johnson werk ’n toegewyde span van sowat 20 joernaliste en redaksielede hard daaraan om die nuutste stories op te spoor en die hartklop van Affies vas te vang. Die redaktrise en haar span sorg dat die nuus altyd vars, relevant en opwindend bly, en is voortdurend op soek na daardie unieke storie wat die ware Affie-gees weerspieël.
In 2024 is Stroom-op met deur Netwerk24 aangewys as die skoolkoerant met die beste uitleg in die land — ’n welverdiende erkenning vir die span se kreatiwiteit en toewyding.
Stroom-op is egter meer as net ’n nuusplatform — dit is ’n ruimte waar kreatiwiteit floreer en jong talent die kans kry om hul stem te laat hoor.
Vir navrae of meer inligting, kontak gerus mev. Amorentia Johnson by amorentia.johnson@ahmp.co.za.
Skoolgeskiedenis deur die oë van die leerders
Ou weergawes van die Stroom-op, reeds vir dekades die skool se skoolkoerant, bied ʼn betowerende kykie op skoolgebeure soos leerders dit deur die dekades gesien en verwoord het. Dié uitgawes is steeds in die skool se argiewe beskikbaar, en daar word beplan om dit binnekort te skandeer en te digitaliseer sodat dit vir die oud-Affies, die huidige Affies en hul nageslag bewaar kan word. Hou hierdie spasie dop! Hier onder is solank ‘n voorsmakie van ‘n uitgawe van Stroom-op wat in 1979 verskyn het.