Skip to content

Gemeenskapsdiens & VCS

By Afrikaanse Hoër Meisieskool is uitreik deel van ons DNA. Ons glo daarin om om te gee, en ons leerders leef dit elke jaar uit deur verskeie projekte en inisiatiewe.

Gee-week is een van die hoogtepunte van die kalender. Elke dag word ’n ander tema gekies om ’n instansie te ondersteun – of dit nou blikkieskos vir voedingsprojekte, hondekos en -produkte vir diereskuilings, boeke vir ’n minderbevoorregte skool of kontant vir ’n waardige saak is. Die meisies besluit self watter organisasies jaarliks baat vind.

Ons neem ook met trots deel aan Kansa-dag, waar hare soms van kleur verander of afgesny word vir kankernavorsing. Baie dogters skenk hul poniesterte, wat gebruik word om pruike te maak vir mense wat kankerbehandeling ondergaan.

’n Groot omgeeprojek sedert 2015 is die bottelproppie-projek. Vir elke 450 kg plastiekproppies of 50 kg broodknippies kan ’n rolstoel “gekoop” word. Met dié inisiatief het ons al 22 rolstoele aan Alma Skool geskenk.

Verder reik Affies uit na die gemeenskap met besoeke aan ouetehuise, kleuterskole en kinderpasiënte van die Sefako Makgatho-hospitaal.

By Affies leef ons omgee – dit is meer as net ’n tradisie, dit is deel van wie ons is.

Kontakpersoon: Mev Marthie Davel  marthie.davel@ahmp.co.za

DIE ANKER (VERENIGDE CHRISTELIKE STUDENTEVERENIGING)

Hier by AHMP is ‘n aktiewe VCSV-groep, Die Anker. Die groep se aktiwiteite word gereël en bestuur deur ‘n gekose CSV-bestuur met ‘n onderwyser as raadgewende hoof. Die VCSV is aktief deur die hele jaar, en dié aktiwiteite sluit die volgende in:

  • ‘n Groepsaktiwiteit elke Dinsdag gedurende pouse – besprekings, video’s, bidsessies en net lekker kuiers
  • Aandfunksie een keer per kwartaal saam met AHS en soms ook met Pretoria Boys’ High en Pretoria Girls’ High.
  • Uitreike na laerskole waar ons met naskoolaktiwiteite help en ook na Abbahuis – ‘n huis vir die beskerming van klein kindertjies.
  • Kampe – naweekkampe word gereël en ander VCSV-kampe soos Winklespruit word bemark.

Kontakpersoon: Me. Hannah Witthoft hannah.witthoft@ahmp.co.za 

“At the moment that we persuade a child, any child, to cross that threshold, that magic threshold into a library, we change their lives forever, for the better.”
President (then Senator) Barack Obama

Kultuurnuus

Pienkweek

Pienkweek

Van 13 – 17 Oktober vier Afrikaanse Hoër Meisieskool ons jaarlikse Pienkweek – ’n week van hoop, bewustheid en omgee.…
Spanredenaars

Spanredenaars

Die ATKV Digi-spanredenaars van graad 11 — Heide Potgieter, Lisa Ferreira, Megan Naudé en Nicole White — is as nasionale…
AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.