Skip to content

Affie-Artes

Die Affie Artes is ‘n interne kultuurfees en -kompetisie wat in die derde kwartaal saam met die Afrikaanse Hoër Seunskool aangebied word. Die Affie Artes is in 1996 deur twee begeesterde onderwysers begin – mnr Deon du Plessis (AHS) en mev Ina van Schalkwyk (AHMP).  Tydens die Affie Artes kry honderde leerders die geleentheid om enige (en al!) hulle kultuurtalente met die skool te kom deel. 

  • Vanjaar se Affie-Artes tema was “Brue”. 
  • Seuns en dogters het die geleentheid om aan verskillende items deel te neem. 
  • Vir die baaskokke was daar die geleentheid vir bak en koek versier en om aan die potjiekos- en braaimeester-kompetisies deel te neem. Talentvolle skrywers en taalliefhebbers kan deelneem aan die afdelings vir kreatiewe skryfwerk, gedramatiseerde werk, redenaars, vreemde tale-aktwiteite (Frans en Duits) en toneel. 
  • Musikale leerlinge wat graag met hul stemme en instrumente woeker, kan deelneem aan verskeie vokale items en verskeie instrumentale items. 
  • Dogters en seuns kan ook inskryf vir dans (alle genres), kuns bv. tekenkuns, fotografie, skilder en vele meer. Sypaadjiekuns is ook ‘n gunsteling en drukkuns het ook bygekom in 2024. 

Die gala-aand is ʼn spoggeleentheid waar ‘n gebalanseerde program saamgestel is deur die organiseerders vanuit die verskillende kategorieë (kategorie wenners neem nie outomaties deel by die gala-aand nie). Aan die einde van hierdie glansaand word ‘n Junior en Senior Artes Victrix Artium aangewys. 

Kontakpersoon: Mev Antoinette Nel antoinette.nel@ahmp.co.za 

Kultuurnuus

AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…
Ons redenaars blink landwyd uit!

Ons redenaars blink landwyd uit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ongelooflik trots op ons talentvolle redenaars wat tydens die Nasionale Redenaarskompetisie met hulle woorde en…
ATKV Senior Afrikaanse Olimpiade 2025 – Uitsonderlike uitslae

ATKV Senior Afrikaanse Olimpiade 2025 – Uitsonderlike uitslae

Ons is ongelooflik trots op Heike Marx (Graad 12) wat met ‘n merkwaardige gemiddeld van 80,67% tweede in Gauteng en…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.