Leierskap by AHMP
Die verkiesing van die skool se verteenwoordigende leierraad (VLR), geskied demokraties – een honderd persent volgens departementele riglyne. Daar word in elke graad verteenwoordigers genomineer waarvoor daar dan gestem word. Die presidente en visepresidente word dan deur die VLR self gekies. Die VLR bestaan uit komitees wat, onder voorsitterskap van ‘n visepresident, verantwoordelik is vir verskille projekte. Daar word elke jaar geleenthede geskep vir die ontwikkeling van leierskap by die VLR.
By AHMP dra die leierskorps jaar na jaar die etos en kern van ware Affie-wees oor oor aan die nuwe generasie Affietjies wat die skool aansluit. Met baie liefde en ure se harde werk, maak hulle die nuwelinge trots deel van die Affie-ervaring van een-wees en saamstaan.
Ook vir elke kultuur-, sport- en ander aktiwiteit by die skool word leiers verkies wat die geleentheid kry om hul medeleerlinge in dié aktiwiteit te organiseer en te begeester, en om hul eie leierskapsvaardighede te ontwikkel.
Die nuutverkose VLR vir 2025 – 2026 is: Lisa Ferreira (President), Iske Jansen van Rensburg (Vise-President – Sosiaal), Scarlett Fairbanks (Vise-President – Sport), Chanté Kemp ((Vise-President – Kultuur), Bea van der Merwe (Vise-President – Bemarking)
Amelie Botha, Lara Butler, Joanie Coetsee, Hayli Coetzee, Rachel De Villiers, Gabrielle Forgét, Gerda-Marie Jooste, Simoné Jordaan, Lilia Joubert, Lindie Louw, Taliah Ludick, Kay-Lee McDonald, Larissa Molleman, Tebogo Mosoma, Sunel Naude, Jodi Nel, Aimee Nortjé, Anouk Pelser, Amé Pienaar, Heide Potgieter, Carmi Scheepers, Ilze-Mari Schoeman, Danél Schoeman, Tamzin Smith, Anika Snijders, Alexia Stander, Dané Taute, Aniéke Theron, Chinélle Theron, Lesego Tswai, Eleanor van Heerden, Carmen van Niekerk, Zelni Wentzel, Nicole White.