Skip to content

Vierskolekonsert en -kunsuitstalling

Die vier enkelgeslagskole in Pretoria, Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria, Pretoria High School for Girls en Pretoria High School for Boys bied jaarliks die Vierskolekonsert en -kunsuitstalling aan. Dié konsert is reeds sedert 1991 ‘n tradisie. Elke skool kry al om die vier jaar ‘n beurt om gasheer of gasvrou van dié konsertreeks en kunsuitstalling te wees.

’n Viering van musiek en kuns – die Vierskolekonsert

Tydens die Vierskolekonsert betree sowat 600 leerders die verhoog en skep ’n ware hoendervleis-ervaring. Elke skool se koor en orkes tree eers afsonderlik op, waarna die verhoog met gesamentlike kore en orkeste – saamgestel uit ’n kombinasie van die vier skole se lede – gevul word met kragtige klanke en stemme.

Wat dié konsert besonders maak, is dat die leerders slegs ’n paar weke het om die musiek voor te berei, met net ’n handjievol gesamentlike oefensessies voordat die konsertreeks begin. Tog getuig elke uitvoering van uitnemendheid. Dit is dan ook geen verrassing dat kaartjies jaarliks soos soetkoek verkoop nie – want hier hoor en sien ’n mens die beste skoolmusici en -stemme wat Pretoria kan bied.

Parallel met die musiekfees word daar ook ’n kunsuitstalling gehou waarin die top kuns- en ontwerpleerders van die vier skole hul werk vertoon. Die kreatiewe gehalte en talent wat hier uitgestal word, is van ’n kaliber wat min ander skole kan ewenaar.

Die Vierskolekonsert vind tradisioneel in die derde kwartaal plaas. Hou die skole se sosiale media dop vir die opening van kaartjieverkope – dit is ’n ervaring wat jy nie wil misloop nie.

 

 

Kultuurnuus

Pienkweek

Pienkweek

Van 13 – 17 Oktober vier Afrikaanse Hoër Meisieskool ons jaarlikse Pienkweek – ’n week van hoop, bewustheid en omgee.…
Spanredenaars

Spanredenaars

Die ATKV Digi-spanredenaars van graad 11 — Heide Potgieter, Lisa Ferreira, Megan Naudé en Nicole White — is as nasionale…
AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.