Skip to content

Hokkie

Affies spog met ‘n trotse en opwindende hokkiekultuur, gevestig in sterk waardes, dissipline en hokkie-etiket. Spangees en entoesiasme is belangrik as jy wil hokkie speel. Hokkie is nie net ligawedstryde en harde werk nie, dit is ook baie pret op ons eie Affie-astro en top gehalte grasveld! 

DEELNAME EN PRESTASIES IN AFFIE-HOKKIE

Affie-hokkie streef daarna om by te dra tot die ontwikkeling van ‘n gebalanseerde en betrokke dogter wat op alle terreine inskakel en ‘n positiewe verskil maak. Die hokkieprogram by Afrikaanse Hoër Meisieskool (AHMP) is daarop gemik om nie net fisieke vaardighede nie, maar ook die leierskap en samewerkende vermoëns van elke speler te versterk.

Spanne en Liga Deelname

AHMP beskik oor 17 spanne, waarvan 12 aan die Northerns Grootskoleliga deelneem. Al die spanne behaal uitstekende uitslae, en ons neem deel aan die Northerns G1-Liga, terwyl die laer spanne in die G4-Liga ingeskryf word. Die Eerstespan neem jaarliks deel aan die All Girls’ Festival, waar ons teen die top staatsmeisieskole in Suid-Afrika meeding. In 2024 het die Eerstespan die algehele wenners van die All Girls’ Festival geword.

Toernooie en Festivals

Die A- en B-spanne neem deel aan verskeie toernooie en festivals gedurende Maart en April, wat dien as voorbereiding vir die liga. Buiten die jaarlikse derbies teen Oranje Meisieskool en Paarl Gimnasium, neem ons spanne ook deel aan die volgende toernooie:

  • Eerstespan: Greg Bieling Festival, St Mary’s Festival, All Girls’ Festival, Pullen and Howell Cup
  • Tweedespan: Eldo Fees
  • O/16: Bloemhof, St Mary’s Kloof Festival, Pullen and Howell Cup, Girls Challenge
  • O/15: Menlofees, St Andrew’s Festival, Friendship Cup
  • O/14: St John’s Festival, Roedean Festival, Friendship Cup
  • C- en D-spanne neem deel aan plaaslike festivals

Prestasies en Toernooi Wenners

Die A-spanne kwalifiseer jaarliks vir toernooie soos die Top Schools Top 12, Challengers’ Cup, Rising Cup, en Noordvaal. In 2024 het die O/15A-span die silwermedaljes verower by die Noordvaal-toernooi. Die O/16A-span was die wenners van die Top Schools Top 12 toernooi in 2023.

Provinsiale Kleure en SA Skole-Kleure

Verskeie dogters verwerf jaarliks Noord-Gauteng provinsiale kleure. Die volgende Affies het reeds SA Skole-kleure verwerf:

  • Cara Bouwer
  • Anlu Harmse
  • Nicola Meyer
  • Megan Vosloo
  • Pretty Morema
  • Shelmy Hall
  • Simone van der Colff
  • Sulize de Klerk
  • Carli Gericke
  • Venita van der Merwe
  • Annemie Botha
  • Nita van Jaarsveld
  • Aryna Edwards (Jnr)
  • Karlien Steenberg
  • Nita Verhoef
  • Riëtte Laas

SA senior spelers wat uit Affie-geledere afkomstig is, sluit in:

  • Nicolene Terblanche
  • Nita van Jaarsveld
  • Aryna Edwards (Snr)
  • Ilse Alberts
  • Rina van Zijl

Fiksheid en Kondisionering

Fiksheid en kondisionering is ‘n belangrike deel van die voorbereiding, wat gedurende die afseisoen gedoen word. Die interne somerliga en pretdag is net ‘n paar van die aspekte wat Affie-hokkie uniek maak. Die jaarlikse Koshuis vs Dorp derby is ook ‘n gewilde gebeurtenis.

Voornemende Affies word betrek by AHMP-er Affies-geleenthede om hulle aan die sport te blootstel en hulle spanmentaliteit te bou.

Affie Juniors en Afrigtingsgeleenthede

Affie Juniors bied afrigtingsgeleenthede sowel as hokkiefeeste vir laerskooldogters van graad 4 tot 7, wat die kans kry om hul vaardighede in hokkie te ontwikkel en met ander dogters in die sportveld te kompeteer.

 

Kontakbesonderhede

Vir meer inligting oor Affie-hokkie, kontak:

 

Sportnuus

Vyf spanne by die SA’s – só doen Affies dit!

Vyf spanne by die SA’s – só doen Affies dit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool is die énigste skool in Gauteng met vyf spanne by vanjaar se SA Netbalkampioenskappe – ’n besonderse…
Bianca Lubbe gekies vir o.21 Protea-span!

Bianca Lubbe gekies vir o.21 Protea-span!

Baie geluk aan Bianca Lubbe, ’n trotse Oud-Affie en lid van ons 2024 1ste netbalspan, wat tans in haar eerste jaar…
Ruiters blink uit by Sanesa Kernliga

Ruiters blink uit by Sanesa Kernliga

Ruitersport bars uit sy nate met 46 ruiters wat vanjaar vir AHMP deelneem. Tydens die vierde Sanesa Gauteng Kernliga-kwalifiseerder neem…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.