Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie.
Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne & Sandre van Heerden, afrigters Katrijn Roefs & Anri Steyn) én seniorspan (Ingrid van Loggerenberg & Sandy Prinsloo, afrigter Casper Willemse) het albei ’n 3de plek in die land behaal.
Nog twee spanne – Roxanne Bornman, Zia van Wyk & Skye Byles (afrigters Lara Pienaar & Taryn van den Berg) en Lisa Ferreira & Chanté Kemp (afrigter Clarindi Eloff) – het ook trots in die landsfinaal deelgeneem.
Ons is ongelooflik trots op hierdie puik prestasies en die harde werk agter elke debat.