AHMP-Winkel
AHMP-winkel ure
Geleë op die skoolgronde van Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (bo Vincent’s)
- Maandae tot Donderdae: 07:00 – 15:00
- Vrydae: 07:00 – 14:30
- Gesluit tydens skoolvakansies en Publieke vakansiedae
Tweedehandse Klere
- Tweedehandse klere is slegs beskikbaar in die winkel.
- Geen tweedehandse items is aanlyn beskikbaar nie.
Navrae?
Kontak die AHMP-winkel gerus: https://nolimits-store.com/collections/ahmp
062 572 2686
012 344 3040
Bestellings en Aflewerings
- Bestellings vir afhaal of koerier is onderhewig aan die AHMP-winkel se handelsure.
- Koerierbestellings neem 5–7 werksdae (skoolvakansies uitgesluit).
- Aanlyn bestellings neem 24–48 uur om verwerk te word. U sal ‘n e-pos ontvang sodra die pakkie gereed is vir afhaal.
Afhaal deur aanlyn aankope
Kies by die ‘checkout’-proses op die webwerf een opsie:
- Afhaal by die AHMP-winkel (“school collection”)
Koerierdiens (teen ‘n ekstra koste)
Let wel: Vir die eersgenoemde opsie moet u eers u adres invul (soos vereis deur die webwerf).
Afhaal deur leerder
Indien u kind die pakkie self by die winkel gaan afhaal, moet sy/hy:
- Die bestelnommer verskaf, of
- Die ‘Sales Order Confirmation’-e-pos aan die winkelpersoneel kan wys.
Sonder hierdie bewys kan geen afhaal van pakkies geskied nie.