Skip to content

Argitektuur

Die Afrikaanse Hogere Skool het in 1920 in ‘n huis in Visagiestraat begin. Sommer gou was die huis te klein en is die grond in Bondstraat toegeken vir die bou van ‘n ware skoolgebou.

1925

Die skoolgebou word ontwerp deur die argitek, John Cleland.

Die oorspronklike planne van die skool het twee koshuise voor die skool voorgestel.

Die hoeksteen word op 25 November 1925 deur generaal Hertzog gelê.

1927

Op 26 Januarie word die nuwe skoolgebou ingewy terwyl daar nog aan die skoolsaal (“vergadersaal”) gebou word. Dit is vandag die skool se mediasentrum.

1930

Grond word aangekoop vir uitbreiding van die skool (vir koshuis aan Delystraat se kant)

1931

Teen die einde van 1931 het die skool een hokkieveld (en een hokkiebal), twee korfbalvelde (en een korfbal), en vier omheinde tennisbane (en twee tennisnette).

1932

Die boormasjien “kom aan” en daar word geboor vir water.

1932 -1935

Ouers en kinders help bome plant op die terrein (die bestaande dennebome en ou palmbome)

1933

Op 1 April word die swembad ingewy (ʼn gronddam).

ʼn Opsigterwoning word op die hoek van Walton Jameson- en Jorrisenstraat gebou.

1938

ʼn Volledig toegeruste huishoudkundesentrum (vandag lokaal K50) word voltooi.

1939

Die koshuis word gebou aangrensend aan Delystraat (huidige Jorissenstraat)

1940

Die koshuis langs die destydse Delystraat is in gebruik geneem en op 20 Maart amptelik ingewy.

1943

Die nuwe atletiekbaan word op die grashokkieveld uitgelê. Intussen word die personeelkamer in ‘n biblioteek omskep, terwyl lokaal K2 voortaan as die nuwe personeelkamer sal dien

1944

Die biologie-kweekhuisie word gebou.

1945

Die swembad kry ‘n suiweringstelsel

Twee korfbalbane word tennisbane en twee nuwe korfbalbane word gebou

Bouwerk word onderbreek as gevolg van ʼn tekort aan hout veroorsaak deur die Tweede Wêreldoorlog. Drie nuwe, maar halfklaar klaskamers word ingewy (huidige lokaal K76, K77 en K78)

  • Swembadopgradering: Die swembad word toegerus met ’n nuwe suiweringstelsel.
  • Sportbane: Twee van die bestaande korfbalbane word in tennisbane omskep, terwyl twee splinternuwe korfbalbane gebou word.
  • Oorlogsjare: Bouwerk word onderbreek weens ’n houttekort wat deur die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak is. Gevolglik word drie nuwe, dog halfvoltooide klaskamers (die huidige lokale K76, K77 en K78) amptelik ingewy. 
     

    1946

    • Nog twee tennisbane en twee nuwe korfbalbane word voltooi
    • ʼn Nuwe vleuel word aangebou: vier klaskamers en ʼn kunskamer (K40), aardrykskundekamer (K35) en ʼn ruim huishoudkundesentrum

    1947

    • Die paaie by die skool word geteer
    • Die grondvierkant voor die skool word vervang met ʼn sementstoep

    1948

    • Tennis- en hokkie-huisie word gebou

    1949

    • ʼn Stoor vir LO-apparaat word gebou
    • Paaie om die koshuis word geteer
    • Aanbouings aan die koshuis neem ʼn aanvang
    • Swembad-kleedkamers word gebou
    • Swembad word geteël
    • Op 19 November vernietig ʼn haelstorm 400 ruite

    1950

    • Swembad en swembadkleedkamers word ingewy
    • Die koshuis is so oorvol dat twintig ekstra dogters in die studiekamer gehuisves word
    • Bouwerk by die koshuis begin – die eetkamerdak word gelig

    1951

    Hoof se woonstel word gebou

    Snoeperywinkel word gebou (langs die huidige atletiekkantoor)

    ʼn Kunskamer is in aanbou (K56)

    Die plan vir tien klaskamers is gereed (drieverdieping-gebou)

    Juf Steijn bepleit ʼn saal: “Die siel van ʼn skool word in die saal gevorm”

    Twee vooruitvervaardigde klaskamers word opgerig (BK1 tot 3 en BK4)

    Die koshuis word uitgebrei – nuwe slaapvertrekke en ʼn studiesaal word in die koshuis bygevoeg

    Twee tennisbane en twee korfbalbane word gebou, en teerpaaie word om die skool en koshuis gelê

    1952

    Twee van die ses sportbane benodig herstelwerk

    1953

    Drieverdieping word gebou (sonder huidige laboratoriums & ontwerp-klas)

    Twee nuwe tennisbane word voltooi

    Heining word op die buitenste hoek aangebring om “ongewenste besoekers” uit te hou

    Die departement bied aan om die grond wes van die skool aan te koop

    1955

    Die teël van swembad kos 450 pond

    1958

    Twee tennisbane kry ʼn nuwe oppervlak en word omhein

    Die raad van beheer notuleer hul kommer oor die verkeersprobleme om die skool. Daarom is dit nodig om dogters toegang tot die skool te gee vanuit Kirknessstraat en daarvoor sal dit nodig wees om die hoekerf aan te koop

    1959

    Navraag moet by Dept gerig word oor “hoe die bestaande vloere behandel kan word om polesering daarvan uit te skakel”

    Korfbalvelde word voltooi

    Snoeperywinkel word agter die saal gebou

    Leerlinge help gras plant by nuwe saal

    1960

    Op Beheerliggaam se voorstel dat die saal na haar vernoem word, antwoord juf Steijn dat dit teen haar beginsels indruis om skole en sale na mense te vernoem wat nog lewe

    Orrel word in ʼn “put” in die saal ingebou

    Ou saal word omskep in biblioteek

    Twee erwe ten weste van die skool (teenaan Walton Jameson) word aangekoop

    Die Engela Groenewald-biblioteek word in gebruik geneem

    Grond vir terreinuitbreiding word aangekoop met ander andere die musiekhuis op

    1961

    Twee huise teenaan Kirknessstraat word aangekoop: Rooihuis (vandag se musiekhuis) en Withuis (vir gebruik deur konsessie-leerlinge uit die buiteland)

    Twee fonteintjies word op die skoolterrein opgerig: een by die Bokkie, en een in die portaal (waar die glas-vergaderlokaal nou is)

    1962

    Tennisbane kry sementoppervlak

    Die Withuis word gesloop

    1970

    Die skool word geverf en skoongemaak. Die proses duur die hele dekade

    Die saal kry ʼn nuwe skerm en elektries aangedrewe gordyne

    1971

    Tydelike klasse word opgerig (BK5 tot 12, die huidige drama- en NW-klasse)

    Vier nuwe tennisbane en ʼn tennismuur (agter die snoepie) word opgerig – ʼn skenking van die egpaar Middleton

    1978

    Op Maandag, 10 Januarie word Nasionale Bossiedag vir die eerste keer by die skool gevier toe al die dogters  inspring en bossies uittrek

    1980

    Die vier tennisbane se oppervlaktes word vervang

    1985

    Leo Theron se Gedenkvenster word deel van die skool

    1987

    Die skool se dak word  geverf

    1988

    Die ouers rig die sogenaamde “Pophuisie” op om te gebruik as kitskombuis tydens sportwedstryde

    1989

    Die koshuis se voorportaal, ontspanningsaal en eetsaal word opgeknap

    1991

    Die ou NKP-koshuis, Huis Hoogenhout, word deur die Onderwysdepartement aan Affies oorgedra

    Daar word suksesvol vir water geboor

    Die prefekte herstel die DS Wagner-gedenktuin

    AHMP wen eerste prys in ʼn tuinkompetisie vir hoërskole

    1992

    Die ou kunsklas (K56) word omskep in ’n nuwe liggaamsoefeningsaal 

    1994

    Die koste om Huis Hoogenhout te restoureer word beraam op meer as R500 000. Die hoë koste en vervoerprobleme veroorsaak dat die projek onsuksesvol is. Die gebou word uiteindelik verkoop

    Die sitkamer van die Musiekhuis word opgeknap en word die Rooi Konsertkamer met die oog op kamerkonserte

    1995

    Daar word begin met die bou van ‘n “sierlike, statige nuwe koshuis” vir 125 dogters

    1996

    Die nuwe senior koshuis met 62 dubbelkamers asook ‘n herontwerpte kombuis word in gebruik geneem 

    1997

    ‘n Rekenaarstudiesentrum word ingerig met 30 pentium-rekenaars

    Die nuwe hokkieveld word met grond opgevul tot die regte hoogte

    1998

    Die skool en dak word geverf en opgeknap

    ʼn Tennis-/hokkie-klubhuisie word tussen die tennisbane en hokkieveld gebou (nou die mini-gimnasium) 

    2007

    Die vierkant voor die geliefde adjunkhoof, mev Jessen, word na haar vernoem, nl Jessen Square

    Affies kry ‘n nuwe gebou, die Louisa Venter-studiesentrum

    ‘n Eie astro-hokkieveld word gebou vir AHMP en AHS om saam te gebruik

    2010

    Al die sypaadjies om die skool word plavei dansky opknapping van die omgewing rondom Loftus vir die Sokkerwêreldbeker

    Daar word vir sekuriteitsdoeleindes voor die Sokkerwêreldbeker oral op skoolterrein blou palissades opgerig

    Fonds Vivus-fontein word deur Alex Mazzoni se ouers opgerig ter herhinnering van Alex nadat sy oorlede is in ʼn motor ongeluk ná haar matriekafskeid. 

    2013:EC Steijn-saal word vernuwe en vergroot met ‘n nuwe galery. Die Sportklubhuis word gebou

    2014: Spreiligte word by die Astro opgerig

    2015: Koshuis se nuwe naam, Huis Steijn, en logo word ingehuldig 

    2017: AHMP kry ‘n nuwe verhitte swembad. Die nuwe AHMP-restaurant met studielokaal en klerebank word gebou (naam is demokraties deur die leerders verkies as “Vincent’s, vernoem na die skool se geliefde hekwag)

    2024 Die nuwe ingang van AHMP in Bondstraat, ontwerp deur Dr. Pieter J. Mathews, balanseer tradisie en vooruitgang deur ‘n eenvoudige maar betekenisvolle ontwerp wat veiligheid en erfenis belig. Met materiale soos beton en Pretoria se kenmerkende Kirkness-baksteen, skep dit ‘n simboliese drumpel tussen die publieke domein en die skool, terwyl die beligting en wit mosaïek die skoolwapen en naam trots vertoon.

    2025 Op 1 April 2025 begin die skool se sesde nuwe hoof me. Zinnette De Wet.

    Op 25 November 1925 is die hoeksteen van Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria op ons huidige terrein in Bondstraat gelê. Op hierdie dag vier ons die 100ste bestaansjaar van die skoolgebou.

    Kontak Ons

    As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.