Skip to content

Affie-harte klop blou

Dis is nie net die statige ou gebou en mooi tuine nie – Affies is anders, spesiaal. ʼn Mens voel dit: daar is ʼn hartklop wat nie beskryf kan word nie; dit kan net gevoel word.

Op die Affie-kalender is daar talle hoogtepunte wat kenmerkend is van dié hartklop – ʼn hartklop wat wys hoe die dogters, onderwysers en ander personeel vir mekaar omgee, maar nie net vir mekaar nie, ook vir ander in die gemeenskap.

  • Op die eerste dag van die nuwe jaar word elke personeellid en dogter terugverwelkom by die skool se voorhek in Bondstraat. Dit is die VLR se voorreg en vreugde om elkeen wat deur die hek stap, tuis te laat voel.
  • Voor die skooljaar begin, gaan die gr 8’s op ʼn kamp om mekaar en die VLR te leer ken. In die eerste paar weke leer hulle ook die matrieks se lang name, en maak hulle kennis met die seuns van die Afrikaanse Hoër Seunskool oorkant die pad. Dié gebruik is maar net die begin van die pad waarop die nuwe gr 8’s se harte leer wat dit is om blou te klop.
  • Natuurlik moet die gr 8’s ook die res van die skool se harte wen met ʼn konsert, naamlik die Bloubandkonsert.

Affies het gee-harte. Hulle gee die hele jaar deur om: Hulle skenk bloed, ondersteun Kansa, samel kos, klere en boeke vir minderbevoorregtes in, en gaan 

By geleenthede soos die atletiek-interhoër en -superinterhoër, asook die tradisionele derbystryde teen Paarl Gimnasium en Oranje Meisies Hoërskool, is daar geen twyfel oor die Affie-hartklop nie – dit dreun behoorlik oor die vlaktes.
Dié harte klop net so warm vir die kunste. Tydens die jaarlikse Affie Artes-kunstefees, die Vierskolekonsert en die kunsuitstalling kry die dogters se kultuurtalent en -liefde behoorlik kans om te blink.
 
Affies is ook bekend vir hul omgee-harte en reik regdeur die jaar uit na die gemeenskap. Hulle skenk bloed, ondersteun Kansa, en samel kos, klere en boeke vir minderbevoorregtes in. Benewens hul kuierbeurte by kleuterskole en hospitale, groet die matrieks hul skoolloopbaan met ’n laaste daad van vrygewigheid: nadat die finale eksamenvraestel klaargeskryf is, skenk hulle hul skoolskoene aan behoeftige leerders
  • Toe die Affie-meisies ʼn klompie jaar gelede ʼn naam vir die splinternuwe kafeteria moes kies, was almal dit eens dat die kafeteria vernoem moet word na Vincent Mtembu, die vaderlike hekwag wat elke oggend elke meisie met ʼn breë glimlag verwelkom het. Ongelukkig is Vincent ʼn paar jaar gelede oorlede, maar sy naam leef voort in Vincent’s, die skool se gewilde kafeteria en kuierplek.
  • Die meeste van alles gee Affies om vir mekaar. Saalbyeenkomste word dikwels afgesluit met die sing van die Onse Vader waartydens die hele skool hande vashou – ʼn hoendervleiservaring vir enigiemand wat daarna luister.

En tog, ten spyte van al dié aktiwiteite, bly dit moeilik om die Affie-hartklop te verduidelik aan iemand wat dit nog nie self beleef het nie. Word ʼn Affie, en kom voel wat dit beteken as ons sê: “My hart klop blou.”

Kontak Ons

As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.