Skip to content

Redenaars

By die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leef, eet en droom ons Affie-leerders redenaars. Afrikaans lê “volrond in ons mond” (met apologie aan Laurika Rauch).

ATKV Redenaars: Weer die Beste in Suid-Afrika

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se redenaars bevestig jaar na jaar dat hulle tot die absolute top in Suid-Afrika behoort.

2024

Die ATKV Redenaarspan het in 2024 weereens sy status as die beste in die land bewys toe nege Affie-dogters deurdring na die nasionale landsfinaal in Augustus.
By die prysuitdeling het ons redenaars ’n ongekende drie podiumplekke verower:

  • Sandy Prinsloo (Graad 9) – 2de plek in die onvoorbereide afdeling
  • Lesego Tswai (2023 se nasionale wenner) – 3de plek in dieselfde afdeling
  • Johanné Standernasionale wenner in die voorbereide afdeling met haar insiggewende toespraak oor hoe skole leerders nie voldoende vir universiteit voorberei nie.

2025

In 2025 het die Affie-redenaars nóg verder geskitter en die land verstom met hul woordkuns en taalvernuf:

  • Heike Marxnasionale wenner én bekroon vir beste taalgebruik
  • Bea van der Merwenaaswenner met haar insiggewende en oortuigende toespraak
  • Ilnah van Wyk – spesiale toekenning vir beste taalgebruik, ’n bewys van haar presiese en suiwer Afrikaans
  • Tebogo Mosomaderde plek op nasionale vlak, ’n merkwaardige prestasie
  • Lesego Tswai – bekroon as naaswenner met haar kenmerkende selfvertroue en flair

Hierdie uitmuntende prestasies is die vrug van harde werk, vernuf en ’n liefde vir taal. Affie-redenaars het nie net gepraat nie – hulle het die hele land laat luister.

Kontakpersoon: Mev Erica Dannhauser erica.dannhauser@ahmp.co.za 

Kultuurnuus

AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…
Ons redenaars blink landwyd uit!

Ons redenaars blink landwyd uit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ongelooflik trots op ons talentvolle redenaars wat tydens die Nasionale Redenaarskompetisie met hulle woorde en…
15 redenaars dring deur na landsfinaal!

15 redenaars dring deur na landsfinaal!

AHMP is ongelooflik trots op 15 leerders wat deurgedring het na die landsfinaal van die redenaarskompetisie – ’n prestasie wat…

Kontak Ons

As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.