Skip to content

Blyspele

Blyspele is net nog een van die maniere waarop die leerders van AHMP die kans kry om hul talent op die verhoog te wys.

 

In 2016 het AHMP die geliefde Beauty and the Beast-musiekblyspel opgevoer, met ons eie orkes wat die musiek ondersteun het. Ná die reuse sukses het die skool in 2018 die treffende Sneeuwitjie en die sewe dwergies by die Staatsteater aangebied – weereens ‘n dawerende sukses.

 

In 2024 het AHMP die gewilde High School Musical op die planke gebring. Die musiekblyspel, wat van 9 tot 12 April by die Atterburyteater vertoon is, het die teater elke aand vol getrek. Die gehoor se spontane toejuiging en die reaksie op die komiese en soms hartseer tonele het getuig van die groot byval wat die produksie ontvang het.

Kontakpersoon:
Me. Alna Smit (alna.smit@ahmp.co.za)

Kultuurnuus

Pienkweek

Pienkweek

Van 13 – 17 Oktober vier Afrikaanse Hoër Meisieskool ons jaarlikse Pienkweek – ’n week van hoop, bewustheid en omgee.…
Spanredenaars

Spanredenaars

Die ATKV Digi-spanredenaars van graad 11 — Heide Potgieter, Lisa Ferreira, Megan Naudé en Nicole White — is as nasionale…
AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.