Argitektuur
Die Afrikaanse Hogere Skool het in 1920 in ‘n huis in Visagiestraat begin. Sommer gou was die huis te klein en is die grond in Bondstraat toegeken vir die bou van ‘n ware skoolgebou.
1925
Die skoolgebou word ontwerp deur die argitek, John Cleland.
Die oorspronklike planne van die skool het twee koshuise voor die skool voorgestel.
Die hoeksteen word op 25 November 1925 deur generaal Hertzog gelê.
1927
Op 26 Januarie word die nuwe skoolgebou ingewy terwyl daar nog aan die skoolsaal (“vergadersaal”) gebou word. Dit is vandag die skool se mediasentrum.
1930
Grond word aangekoop vir uitbreiding vd skool (vir koshuis aan Delystr se kant)
1931
Teen die einde van 1931 het die skool een hokkieveld (en een hokkiebal), twee korfbalvelde (en een korfbal), en vier omheinde tennisbane (en twee tennisnette).
1932
Die boormasjien “kom aan” en daar word geboor vir water.
1932 -1935
Ouers en kinders help bome plant op die terrein (die bestaande dennebome en ou palmbome)
1933
Op 1 April word die swembad ingewy (ʼn gronddam).
ʼn Opsigterwoning word op die hoek van Walton Jameson- en Jorrisenstraat gebou.
1938
ʼn Volledig toegeruste huishoudkundesentrum (vandag lokaal K50) word voltooi.
1939
Die koshuis word gebou aangrensend aan Delystraat (huidige Jorissenstraat)
1940
Die koshuis aangrensend aan die destydse Delystraat word betrek en op 20 Maart ingewy
1943
Die atletiekbaan word uitgelê (op gras-hokkieveld)
Die personeelkamer word die biblioteek, en lokaal K2 word die personeelkamer
1944
Die biologie-kweekhuisie word gebou.
1945
Die swembad kry ‘n suiweringstelsel
Twee korfbalbane word tennisbane en twee nuwe korfbalbane word gebou
Bouwerk word onderbreek as gevolg van ʼn tekort aan hout veroorsaak deur die Tweede Wêreldoorlog. Drie nuwe, maar halfklaar klaskamers word ingewy (huidige lokaal K76, K77 en K78)
1946
- Nog twee tennisbane en twee nuwe korfbalbane word voltooi
- ʼn Nuwe vleuel word aangebou: vier klaskamers en ʼn kunskamer (K40), aardrykskundekamer (K35) en ʼn ruim huishoudkundesentrum
1947
- Die paaie by die skool word geteer
- Die grondvierkant voor die skool word vervang met ʼn sementstoep
1948
- Tennis- en hokkie-huisie word gebou
1949
- ʼn Stoor vir LO-apparaat word gebou
- Paaie om die koshuis word geteer
- Aanbouings aan die koshuis neem ʼn aanvang
- Swembad-kleedkamers word gebou
- Swembad word geteël
- Op 19 November vernietig ʼn haelstorm 400 ruite
1950
- Swembad en swembadkleedkamers word ingewy
- Die koshuis is so oorvol dat twintig ekstra dogters in die studiekamer gehuisves word
- Bouwerk by die koshuis begin – die eetkamerdak word gelig
1951
Hoof se woonstel word gebou
Snoeperywinkel word gebou (langs die huidige atletiekkantoor)
ʼn Kunskamer is in aanbou (K56)
Die plan vir tien klaskamers is gereed (drieverdieping-gebou)
Juf Steijn bepleit ʼn saal: “Die siel van ʼn skool word in die saal gevorm”
Twee vooruitvervaardigde klaskamers word opgerig (BK1 tot 3 en BK4)
Die koshuis word uitgebrei – nuwe slaapvertrekke en ʼn studiesaal word in die koshuis bygevoeg
Twee tennisbane en twee korfbalbane word gebou, en teerpaaie word om die skool en koshuis gelê
1952
Twee van die ses sportbane benodig herstelwerk
1953
Drieverdieping word gebou (sonder huidige laboratoriums & ontwerp-klas)
Twee nuwe tennisbane word voltooi
Heining word op die buitenste hoek aangebring om “ongewenste besoekers” uit te hou
Die departement bied aan om die grond wes van die skool aan te koop
1955
Die teël van swembad kos 450 pond
1958
Twee tennisbane kry ʼn nuwe oppervlak en word omhein
Die raad van beheer notuleer hul kommer oor die verkeersprobleme om die skool. Daarom is dit nodig om dogters toegang tot die skool te gee vanuit Kirknessstraat en daarvoor sal dit nodig wees om die hoekerf aan te koop
1959
Navraag moet by Dept gerig word oor “hoe die bestaande vloere behandel kan word om polesering daarvan uit te skakel”
Korfbalvelde word voltooi
Snoeperywinkel word agter die saal gebou
Leerlinge help gras plant by nuwe saal
1960
Op Beheerliggaam se voorstel dat die saal na haar vernoem word, antwoord juf Steijn dat dit teen haar beginsels indruis om skole en sale na mense te vernoem wat nog lewe
Orrel word in ʼn “put” in die saal ingebou
Ou saal word omskep in biblioteek
Twee erwe ten weste van die skool (teenaan Walton Jameson) word aangekoop
Die Engela Groenewald-biblioteek word in gebruik geneem
Grond vir terreinuitbreiding word aangekoop met ander andere die musiekhuis op
1961
Twee huise teenaan Kirknessstraat word aangekoop: Rooihuis (vandag se musiekhuis) en Withuis (vir gebruik deur konsessie-leerlinge uit die buiteland)
Twee fonteintjies word op die skoolterrein opgerig: een by die Bokkie, en een in die portaal (waar die glas-vergaderlokaal nou is)
1962
Tennisbane kry sementoppervlak
Die Withuis word gesloop
1970
Die skool word geverf en skoongemaak. Die proses duur die hele dekade
Die saal kry ʼn nuwe skerm en elektries aangedrewe gordyne
1971
Tydelike klasse word opgerig (BK5 tot 12, die huidige drama- en NW-klasse)
Vier nuwe tennisbane en ʼn tennismuur (agter die snoepie) word opgerig – ʼn skenking van die egpaar Middleton
1978
Op Maandag, 10 Januarie word Nasionale Bossiedag vir die eerste keer by die skool gevier toe al die dogters inspring en bossies uittrek
1980
Die vier tennisbane se oppervlaktes word vervang
1985
Leo Theron se Gedenkvenster word deel van die skool
1987
Die skool se dak word geverf
1988
Die ouers rig die sogenaamde “Pophuisie” op om te gebruik as kitskombuis tydens sportwedstryde
1989
Die koshuis se voorportaal, ontspanningsaal en eetsaal word opgeknap
1991
Die ou NKP-koshuis, Huis Hoogenhout, word deur die Onderwysdepartement aan Affies oorgedra
Daar word suksesvol vir water geboor
Die prefekte herstel die DS Wagner-gedenktuin
AHMP wen eerste prys in ʼn tuinkompetisie vir hoërskole
1992
Die ou kunsklas (K56) word omskep in ’n nuwe liggaamsoefeningsaal
1994
Die koste om Huis Hoogenhout te restoureer word beraam op meer as R500 000. Die hoë koste en vervoerprobleme veroorsaak dat die projek onsuksesvol is. Die gebou word uiteindelik verkoop
Die sitkamer van die Musiekhuis word opgeknap en word die Rooi Konsertkamer met die oog op kamerkonserte
1995
Daar word begin met die bou van ‘n “sierlike, statige nuwe koshuis” vir 125 dogters
1996
Die nuwe senior koshuis met 62 dubbelkamers asook ‘n herontwerpte kombuis word in gebruik geneem
1997
‘n Rekenaarstudiesentrum word ingerig met 30 pentium-rekenaars
Die nuwe hokkieveld word met grond opgevul tot die regte hoogte
1998
Die skool en dak word geverf en opgeknap
ʼn Tennis-/hokkie-klubhuisie word tussen die tennisbane en hokkieveld gebou (nou die mini-gimnasium)
2007
Die vierkant voor die geliefde adjunkhoof, mev Jessen, word na haar vernoem, nl Jessen Square
Affies kry ‘n nuwe gebou, die Louisa Venter-studiesentrum
‘n Eie astro-hokkieveld word gebou vir AHMP en AHS om saam te gebruik
2010
Al die sypaadjies om die skool word plavei dansky opknapping van die omgewing rondom Loftus vir die Sokkerwêreldbeker
Daar word vir sekuriteitsdoeleindes voor die Sokkerwêreldbeker oral op skoolterrein blou palissades opgerig
Fonds Vivus-fontein word deur Alex Mazzoni se ouers opgerig ter herhinnering van Alex nadat sy oorlede is in ʼn motor ongeluk ná haar matriekafskeid.
2013: EC Steijn-saal word vernuwe en vergroot met ‘n nuwe galery.
Die Sportklubhuis word gebou
2014: Spreiligte word by die Astro opgerig
2015: Koshuis se nuwe naam, Huis Steijn, en logo word ingehuldig
2017: AHMP kry ‘n nuwe verhitte swembad
Die nuwe AHMP-restaurant met studielokaal en klerebank word gebou (naam is demokraties deur die leerders verkies as “Vincent’s, vernoem na die skool se geliefde hekwag)
2024 Die nuwe ingang van AHMP in Bondstraat, ontwerp deur Dr. Pieter J. Mathews, balanseer tradisie en vooruitgang deur ‘n eenvoudige maar betekenisvolle ontwerp wat veiligheid en erfenis belig. Met materiale soos beton en Pretoria se kenmerkende Kirkness-baksteen, skep dit ‘n simboliese drumpel tussen die publieke domein en die skool, terwyl die beligting en wit mosaïek die skoolwapen en naam trots vertoon.
2025 Op 25 November 1925 is die hoeksteen van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria op ons huidige terrein in Bondstraat gelê. Op hierdie dag vier ons die 100ste bestaansjaar van die skoolgebou.






















