Skip to content

Uit die argiewe

Ou foto’s, staaltjies, briewe, dokumente, sertifikate, eksemplare van skoolkoerante en ander historiese dokumente bied vir ons ʼn waardevolle blik op AHMP se geskiedenis.

Het jy ou staaltjies of foto’s?

As jy ‘n oud-Affie is en afkom op enige geskiedkundige inligting wat vir die skool se argiewe van waarde kan wees, soos ou foto’s, dokumente, jaarblaaie ensovoorts, laat ons asseblief weet! Stuur vir ons e-pos na bemarker@ahmp.co.za.

Eeufeesblad: 100-jaar van uitnemendheid

Afrikaanse Hoër Meisieskool se geskiedenis is ’n skatkis van verhale – van hoogtepunte en suksesse tot uitdagings en oorwinnings; van staaltjies en geheime wat net Affies kan vertel tot avonture en tragiese oomblikke wat ons saam gevorm het.

Ter viering van die skool se 100ste bestaansjaar in 2020 is hierdie ryk nalatenskap vasgevang in ’n pragtige Eeufeesgedenkbundel – ’n boek vol stories wat jou laat glimlag, verstom en trots maak om deel te wees van die Affie-familie.

Moenie hierdie kosbare stuk geskiedenis misloop nie. Kontak die skool vandag nog om jou eie Eeufeesblad aan te skaf: bemarker@ahmp.co.za.

Stroom-op: Skoolgeskiedenis deur die oë van die leerders

Ou weergawes van die Stroom-op, die skool se koerant sedert Mei 1969, bied ʼn betowerende kykie op skool gebeure soos leerders dit deur die dekades gesien en verwoord het. Dié uitgawes is steeds in die skool se argiewe beskikbaar. 

Kontak Ons

As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.