Gholf
Gholf by Affies
Affies-gholf bied leerders die geleentheid om hul liefde vir die spel op Pretoria se top-gholfbane te ontwikkel. Ons gholfprogram is toeganklik vir beide beginners en ervare spelers, en gee elke leerder die kans om haar vaardighede te slyp en haar passie vir die sport uit te leef.
Die belangstelling in gholf het die afgelope vier jaar merkwaardig toegeneem, en die skool neem jaarliks deel aan die Gauteng-Noord Skooledogtersliga in die derde kwartaal. Om seker te maak dat elke dogter die beste moontlik blootstelling en mededinging kry, word leerders vir verskillende ligas ingeskryf – met die doel om elkeen te help om haar volle potensiaal te bereik.
Eerste volwaardige Dogters-gholftoernooi
In 2025 het AHMP geskiedenis gemaak deur die eerste volwaardige Dogters-gholftoernooi aan te bied – ’n baanbrekersgeleentheid wat as ’n hoogtepunt op die skool se sportkalender beskou word. Hierdie toernooi het top-dogtersgholfspelers van verskeie skole bymekaar gebring en ’n platform geskep waar ons leerders in ’n professionele, mededingende omgewing hul talente kon meet. Dit was nie net ’n viering van gholf as sport nie, maar ook van spanbou, deursettingsvermoë en die bevordering van vrouesport op skoolvlak. Die sukses van hierdie toernooi lê die grondslag vir ’n trotse nuwe tradisie wat in die komende jare verder sal groei.
Addisionele Toernooie
Benewens die Dogtersliga neem Affies-gholf ook deel aan ’n verskeidenheid ander toernooie, waaronder:
Gauteng-Noord Hoërskole-proewe en kwalifikasies vir SA-hoërskole.
Gauteng-Noord Hoërskole-spantoernooi.
Gauteng-Noord Uitdaagtoernooi.
Gholf by AHMP is veelsydig, uitdagend en ’n sport wat ons dogters help om nie net as spelers nie, maar ook as individue te groei.
Datums (onderhewig aan verandering):
- 17 Maart: GN Geslote Kampioenskappe (Dienste)
- 11 & 12 April: Paarl Gim
- 16 & 17 Mei: Oranje Meisieskool
- 28 Julie: GN Proewe (Wingate)
- 18 Augustus: GN Finale Proewe (Waterkloof)
- 20 Oktober: Spanuitdaagtoernooi (Irene)
TOERE:
- AHMP Ope Gholftoernooi – 21-23 Augustus
- Gholftoer – 2-5 Oktober
- Prestige-skoletoernooi – 17-20 Oktober
OEFENTYE: Spelers het dikwels hul eie afrigters, maar daar is ‘n ontwikkelingprogram vir diegene wat nie persoonlike afrigting het nie. (Kontak Mej Schwartz vir meer inligting.)
KOSTES: Alleenlik toernooikoste en soms baanfooie.
NAVRAE:
Lize-Marie Schwartz (PGA Vlak 1)
lizemarie.schwartz@ahmp.co.za

















