Skip to content

Landloop

By AHMP is landloop ‘n sportsoort waar elke dogter welkom is! Hier is harde werk en ontwikkeling van elke atleet die boustene van ons sukses.

By AHMP is landloop ‘n sport waar elke dogter welkom is! Hier is harde werk en die ontwikkeling van elke atleet die fondament van ons sukses. 

Die landlopers neem deel aan jaarlikse oefenkampe waar die dogters in vars lug hul uithouvermoë versterk. Affie-landloopspan neem deel aan beide die Johannesburg- en Pretoria-ligas. Die Johannesburg-liga begin reeds in die tweede kwartaal en dien as voorbereiding vir die Pretoria-liga in die derde kwartaal. 

Affies neem ook jaarliks deel aan Noordvaal en die All Girls Festival, wat deur meisieskole regoor die land aangebied word. In 2024 het die fees in Potchefstroom plaasgevind, waar Affies die junior en senior afdelings (dag 1) in landloop gewen het. Negentien skole het aan die kompetisie deelgeneem. 

Kontakpersoon: 
Me. Maritza Coetzee (atletiek@ahmp.co.za) 

Sportnuus

Bergfiets: Nasionale Kampioenskappe

Bergfiets: Nasionale Kampioenskappe

Ons Affie-meisies het by die Nasionale Bergfiets­kampioenskappe uitmuntend presteer! Tien bergfietserryers was onder die top 18, en Amelie Moolman (gr.…
Tennis

Tennis

Gauteng Super 8 Tennistoernooi Jessé de Villiers (gr. 9) verower die bronsmedalje met haar 3de plek in die enkels in…
Vyf spanne by die SA’s – só doen Affies dit!

Vyf spanne by die SA’s – só doen Affies dit!

Afrikaanse Hoër Meisieskool is die énigste skool in Gauteng met vyf spanne by vanjaar se SA Netbalkampioenskappe – ’n besonderse…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.