Skip to content

Ons is trots op ons Blou Engele

Die senior koor, ons eie Blou Engele, het tydens die ATKV-Applous-finaal besonder goed gevaar. In die meisiesafdeling is hulle as derde beste in die land aangewys en het boonop die hoogste persentasie in Gauteng behaal — ’n indrukwekkende 92.55%!

Ons is ongelooflik trots op hierdie talentvolle groep jong meisies en hul dirigent wat met toewyding, dissipline en passie ons skool se naam hoog hou. 

Julle stemme het ons diep geraak — en jul prestasie spreek boekdele.