Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ongelooflik trots op ons talentvolle redenaars wat tydens die Nasionale Redenaarskompetisie met hulle woorde en wysheid beïndruk het.
Heike Marx is as nasionale wenner aangewys en is verder ook bekroon vir beste taalgebruik – ’n besonderse dubbelprestasie!
Bea van der Merwe het die naaswenner-posisie behaal met haar insiggewende en oortuigende toespraak.
Ilnah van Wyk is ook aangewys vir beste taalgebruik – ’n bewys van haar presiese suiwer Afrikaans.
Tebogo Mosoma het ‘n puik derde plek behaal – ’n wonderlike mylpaal op nasionale vlak.
Lesego Tswai het met selfvertroue en flair die naaswenner-plek verower.
Hierdie uitmuntende prestasies getuig van harde werk, vernuf, en ’n liefde vir taal. Julle het nie net gepraat nie – julle het die land laat luister.
Baie geluk!