Aansoeke
Graad 8 Plasings 2026
Die Gautengse aanlyn aansoekproses vir Graad 8-leerders vir 2026 het op 29 Augustus 2025 gesluit. Ouers sal binnekort via die Departement van Onderwys of direk deur die skole ingelig word oor die plasing van hul dogters. Kontroleer asseblief gereeld u e-pos en ander kommunikasiekanale.
Indien u enige navrae het is u welkom om ’n e-pos te stuur na ahmp@ahmp.co.za
Opedag
Opedag 2026
Ons nooi belangstellende ouers en toekomstige Affies vriendelik uit na ons Opedag wat op Woensdag, 15 April 2026, vanaf 14:00 plaasvind.
Let asseblief daarop dat die Opedag die enigste geleentheid is om die skool te besoek, aangesien individuele toere nie aangebied word nie. Ons sien daarna uit om u en u dogter te verwelkom en om met trots te wys wat Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria alles bied!
Kom stap saam!
Dalk woon jy ver en is dit nie vir jou moontlik om die ope dag by ons skool by te woon nie. Moenie bekommerd wees nie – kom stap saam met ons deur die skool op ʼn virtuele toer wat jou sal laat voel asof jy in lewende lywe hier in ons rooibaksteengeboue kuier.














