Dit is ’n jarelange gebruik by AHMP om matrieks wat met vier en vyf onderskeidings slaag, met ’n silwer medalje te beloon en dié met ses en meer A-simbole met ’n goue medalje. Dit was ’n voorreg om tydens die Prestige Akademiese Toekenningsgeleentheid op 26 Maart 2026 vir oulaas die 2025-matrieks se uitstekende uitslae saam met hulle te vier.
115 van die 247 matrieks het met vier of meer onderskeidings geslaag – altesaam 814 A-simbole en 10 onderskeidings in Alpha Wiskunde is behaal.
Die skool is deur die Departement van Onderwys as die toppresterende skool in Gauteng aangewys, terwyl die Skoleondersteuningsentrum AHMP as die derde beste skool in Suid-Afrika benoem het. Die groep het ook nasionaal die beste uitslae in Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal behaal, en nr. 1-posisies in 8 vakke in Gauteng en 11 vakke in Tshwane-Suid.
Hierdie puik prestasie is die resultaat van harde werk deur die matrieks, hul ouers en ’n toegewyde span onderwysers.
Ons weet die 2025-matriekgroep gaan ’n verskil maak waar hulle ook al gaan.
Ons sien haar wen!





