Redenaars
By die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leef, eet en droom ons Affie-leerders redenaars. Afrikaans lê “volrond in ons mond” (met apologie aan Laurika Rauch).
ATKV Redenaars: Weer die Beste in Suid-Afrika
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se redenaars bevestig jaar na jaar dat hulle tot die absolute top in Suid-Afrika behoort.
2024
Die ATKV Redenaarspan het in 2024 weereens sy status as die beste in die land bewys toe nege Affie-dogters deurdring na die nasionale landsfinaal in Augustus.
By die prysuitdeling het ons redenaars ’n ongekende drie podiumplekke verower:
- Sandy Prinsloo (Graad 9) – 2de plek in die onvoorbereide afdeling
- Lesego Tswai (2023 se nasionale wenner) – 3de plek in dieselfde afdeling
- Johanné Stander – nasionale wenner in die voorbereide afdeling met haar insiggewende toespraak oor hoe skole leerders nie voldoende vir universiteit voorberei nie.
2025
In 2025 het die Affie-redenaars nóg verder geskitter en die land verstom met hul woordkuns en taalvernuf:
- Heike Marx – nasionale wenner én bekroon vir beste taalgebruik
- Bea van der Merwe – naaswenner met haar insiggewende en oortuigende toespraak
- Ilnah van Wyk – spesiale toekenning vir beste taalgebruik, ’n bewys van haar presiese en suiwer Afrikaans
- Tebogo Mosoma – derde plek op nasionale vlak, ’n merkwaardige prestasie
- Lesego Tswai – bekroon as naaswenner met haar kenmerkende selfvertroue en flair
Hierdie uitmuntende prestasies is die vrug van harde werk, vernuf en ’n liefde vir taal. Affie-redenaars het nie net gepraat nie – hulle het die hele land laat luister.
Kontakpersoon: Mev Erica Dannhauser erica.dannhauser@ahmp.co.za