Affie-Winkel
Bestellings en Aflewerings
- Bestellings vir afhaal of koerier is onderhewig aan die Affie-winkel se handelsure.
- Koerier bestellings neem 5–7 werksdae (skoolvakansies uitgesluit) voordat dit aan die koerier oorhandig word.
- Aanlyn pakkies neem 24–48 uur om verwerk te word. U sal ‘n epos ontvang sodra die pakkie gereed is vir afhaal.
Afhaal opsies by Aanlyn Aankope
- Tydens die ‘checkout’-proses op die webwerf kan u kies:
- Afhaal by die Affie-winkel (“school collection”)
- Koerier diens (teen ‘n ekstra koste)
- Let wel: Voordat die opsie vir afhaal by die skool beskikbaar is, moet u eers u adres invul (soos vereis deur die webwerf).
Afhaal deur Leerder
- Indien u kind die pakkie self by die winkel gaan afhaal, moet hy:
- Die bestel nommer verskaf, of
- Die ‘Sales Order Confirmation’-e-pos aan die winkelpersoneel kan wys.
Sonder hierdie bewys kan geen afhaal geskied nie.
Affie-winkel ure
Geleë op die skoolgronde van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (bo Vincent’s)
- Maandae tot Donderdae: 07:00 – 15:00
- Vrydae: 07:00 – 14:30
- Gesluit tydens skoolvakansies en Publieke vakansiedae
Tweedehandse Klere
- Tweedehandse klere is slegs beskikbaar in die winkel.
- Geen tweedehandse items is aanlyn beskikbaar nie.
Navrae?
Kontak die Affie-winkel gerus:
082 268 7843