Op 28 Januarie vier Afrikaanse Hoër Meisieskool en Seunskool hul stigtingsdag – ‘n dag van trots, herinnering en vreugde. Vanjaar was nóg spesialer, aangesien dit die 105de viering was.
Reeds in 1920, vyf jaar voor Afrikaans amptelik erken is, het ‘n groep pioniers met net drie onderwysers en sowat 40 leerders ‘n droom begin – ‘n droom wat vandag ‘n instelling van uitnemendheid is.
‘n Bydraende tradisie is die simboliese stap van Burgerspark na een van die skole – ‘n ritueel wat die geskiedenis en verbondenheid tussen die twee skole uitlig.
Vandag is Affies ‘n baken van tradisie, prestasie en Afrikaanse trots. Geluk aan hierdie trotse skole – ons sien hulle wen!