Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria spog met uitmuntende 2024 NSS-uitslae! Ons 293 matrikulante het 706 onderskeidings verwerf en die skool is sesde in die land vir die meeste A’s. In Gauteng is Affies die top Afrikaanse skool met ’n gemiddeld van 2.95 onderskeidings per kandidaat.
Vakprestasies was uitstaande: Ekonomie het ’n 100% slaagsyfer behaal, met 73% van die klas wat A’s verwerf. Afrikaans het die beste uitslae in Suid-Afrika gelewer met ’n gemiddeld van 82.08% en 135 onderskeidings.
Ons is trots op die matriekklas van 2024 en eer in besonder ons toegewyde onderwysers – Affies se uitnemende onderrig spreek uit ons resultate!
