Dié vriendskaplike sportgeleenthede vind tweejaarliks plaas – een jaar kuier ons by hulle, en die volgende jaar verwelkom ons hulle hier by ons in Pretoria. Vanjaar reis ons na Paarl Gim en later in Mei ook na Oranje. Volgende jaar is dit weer ons beurt om gasvrou te wees, saam met Afrikaanse Hoër Seunskool, wanneer ons dié twee spogskole in die Jakarandastad ontvang.
Afrikaanse Hoër Meisieskool neem jaarliks aan twee derby’s deel teen skole buite Gauteng
