Skip to content

Masquerade (Agter die masker)

Ons nooi graag almal uit na Masquerade: Agter die masker, ons jaarlikse retrospektiewe kunsuitstalling wat die Visuele Kunste en Ontwerp leerders van grade 10 – 12 se uitmuntende werk vier. Die figuur op die plakkaat is ontwerp deur ons eie Veha Fourie in graad 10 Visuele Kuns.

Kom beleef ’n besondere aand van kreatiwiteit, verbeelding en talent. Die uitstalling se gala aand vind plaas op 4 Augustus om 18:30 in die E.C. Steijnsaal.

Toegang beloop R50 per persoon, terwyl kinders en studente gratis toegang ontvang. Kaartjies is beskikbaar by https://winkel.ahmp.co.za/…/retrospektiewe…

Ons sien daarna uit om saam met julle agter die masker te kyk en die stories in ons leerders se kunswerke te ontdek”