Skip to content

Naledi-toekenning!

Ons is trots om aan te kondig dat die skool se produksie High School Musical  van 2024 vir ‘n Naledi-toekenning genomineer is! ‘n Spesiale geluk aan Talja Roux (matriek 2024) vir haar nominasie as beste individuele speler. 

Dankie ook aan Ignatius van Heerden (choreograaf & regisseur), Alna Smit (organiseerder) en almal wat hierdie produksie ‘n ongelooflike sukses gemaak het.

Trots op julle, Affies!