Tegniese span sorg dat dinge klopdisselboom verloop
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool se tegniese span vir 2023 is onlangs aangewys. Hierdie span sorg dat dinge agter die skerms by elke geleentheid wat by die skool aangebied word, sonder hik of stoot verloop. Boonop leer die span tegniese vaardighede aan wat hulle vorentoe handig te pas gaan kom.
Voor: Cecilia Kotzé, Simoné Fraser, Meah Enslin, Jenna-Marique Macklin, Mia Rossow en Kay-Lynn Pavier. Agter: Mnr. Christiaan Mostert, Zané Bruyns (ondervoorsitter), Mignon van Jaarsveld, Mia Breet, Taylor Fraser (voorsitter), Eunice Enna van Zyl, Dominique van Zyl en Jana de Klerk en mnr. Xavier Amdur. Leerders wat nie op die foto is nie: Jordan Vermeulen, Milana Keevie, Dinieke Engelbrecht, Imke Silvis, Denae Storm, Montinique Swanepoel, Liana Meadon en Carla Van Niekerk.