Ons jaarlikse Leesweek het vandag afgeskop met die bekendstelling van nuwe boeke – hopelik genoeg om sommer baie leesgierigheid aan te wakker.
Leerders kry ook die geleentheid om van hul eie geliefde boeke te skenk aan skole wat biblioteke of leesgroepe het en graag hul boekversamelings wil uitbrei. Want ’n goeie boek is gemaak om gelees én gedeel te word!
En dan is daar natuurlik altyd daardie een boek wat ’n spesiale plek in ’n mens se hart het…









