Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat 10 oud-Affies én ’n huidige afrigter gekies is om hul provinsies te verteenwoordig in die Telkom Netball Liga – SA se voorste semi-professionele netbalreeks.
Hierdie uitsonderlike prestasie weerspieël die toewyding, talent en trots van Affie-netbal!
Oud-Affies in aksie:
- Bianca Lubbe – Free State Crinums
- Amber Marshall & Jamie Matfield – Limpopo Boababs
- Shani Mokken & Jeanté Strydom – Golden Fireballs
- Zane Bodenstein & Izelle Grabe – Jaguars
- Liane van Lochem – North West Flames
- Izaan Snyman – North West Tshukudu
Marichelle Visagie, huidige Affie-afrigter, dien ook as bestuurder van hierdie topvlak liga.
Sterkte aan elkeen van julle – julle dra Affies se naam met trots!