Ons skool het op die 28 Augustus Nasionale Strikdas dag gevier.
Van ‘n eenvoudige serpie wat eeue gelede deur Kroatiese soldate gedra is, tot die stylvolle strikdas wat vandag ‘n simbool van selfvertroue en styl is. Die strikdas het ‘n interessante geskiedenis!
Maar vir die personeel by AHMP gaan dit nie oor die geskiedenis nie, dit gaan oor pret, kreatiwiteit en om ‘n bietjie anders te wees.
Ons personeel wys hier dat ‘n strikdas nie net ‘n kledingstuk is nie, dit is ‘n houding.






