Skip to content

Affies tops in Netbal

Affies se netbalspanne se prestasies vanjaar het ons weer laat kwalifiseer vir die titel as Suid-Afrika se top netbalskool.

Die Nasionale skole Netbal kampioenskap is een van die groot jaarlikse hoogtepunte op die skole kalender.

By vanjaar se nasionale kampioenskap het sowat 120 skole opgeruk om vir die Suid-Afrikaanse titels te kompeteer.

By die gesogte netbalkampioenskap het Affies se o.16 en o.17-netbalspanne weggestap met die goue medalje, Affies se 0.15-netbalspan was in die Top 16 by die Kay Motsepe netbaltoernooi en die skool se 0.14 span het 14de geëindig.

Die skool se 1ste netbalspan is ook SA-kampioene.