Ons susterskap met Oranje Meisieskool blom steeds ná 39 jaar — en vanjaar se Derby in Bloemfontein was onvergeetlik!
’n Groep van 632 Affies het na die Vrystaat getoer vir ’n naweek vol kultuur, sport en trots. Vrydag het die kultuurspanne uitgeblink, en Saterdag het ons sportspanne met ware Affie-gees gesorg vir merkwaardige oomblikke.
Dankie, Oranje, vir jul gees, gasvryheid en dié kosbare tradisie van susterskap.