Affie-meisies wen ATKV-debatkompetisie

Die eindrondte van die junior en senior debatspanne is op 19 Augustus by die ATKV-Goudini Spa-oord in Rawsonville gehou. Die onderwerp was die belangrikheid van stedelike landbou om voedselsekerheid in Suid-Afrika te bevorder. Die dogters moes in een rondte daarvoor en in ‘n ander rondte daarteen debatteer.
Hulle het as wenners uit die stryd getree teen gedugte kompetisie.