Skip to content

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons Affies het behoorlik gewys wat in hulle steek tydens die eerste Gauteng Skoleliga-wedren wat by Riversands Farm Village plaasgevind het.

Ons meisies is as algehele wenners aangewys – selfs teen gemengde skole!
Ons het ses podiumposisies behaal en dit is werklik iets om op trots te wees.

Individuele uitslae:

O/14 – 4de plek – Robin Jones

O/15 – 1ste plek – Amelie Moolman, 3de plek – Jeané Smith en 5de plek – Lana Coetzee

O/17 – 4de plek – Aniéke Theron en 5de plek – Chinélle Theron