’n Groot mylpaal vir AHMP! Aniéke Theron (kaptein) en haar suster Chinélle Theron (onderkaptein) is pas aangewys as die leiers van ons bergfietsspan — en skryf daarmee geskiedenis as die eerste tweeling-susters wat saam ’n sportspan by AHMP aanvoer!
Hierdie dinamiese duo trap nie net teen bergpaadjies uit nie – hulle baan ook nuwe weë vir vrouesport aan ons skool.
Baie geluk, Aniéke en Chinélle – julle inspirasie en deursettingsvermoë maak ons ongelooflik trots!