Valentynsdag by die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Seunskool het vanjaar anders verloop. Dit was die seuns se beurt om by die meisies te kuier, wat vreeslike opgewondenheid veroorsaak het. Tydens pouse het almal bymekaar gekom op die hokkieveld om te gesels en te lag. Die dag het nie net oor blomme gegaan nie, maar oor die vreugde van vriendskap tussen die twee skole.
Valentynsdag
